[KYK]: Vermeende inbreker kom sy moses teë met twee bulterriërs

0
1615

BURGERSFORT — ‘n Moontlike inbreker het sy rieme hier styfgeloop toe hy nog dink hy staan ‘n kans om met twee bulterriërs af te reken.

In ‘n video wat deur Alicia McBride, inwoner, gedeel is kan daar eers gesien word hoe ‘n man met ‘n wit kep oor hul woning se muur loer en oomblikke daarna ‘n voorwerp oorgooi voordat hy self pens en pootjies oor die muur is.

Dié voorval het volgens McBride verlede Donderdag, 12 Januarie, omstreeks 07:00 plaasgevind.

Hy het nog gedink hier is sy kans, maar toe verras twee bulterriërs hom.

Kyk na die onderstaande video om te sien wat het toe verder gebeur:

Comments

comments