Uurglas loop leeg vir oud Krugersdorpse amateurboksafrigter

0
RUS IN VREDE: Ouboet Gouws (79) in gelukkiger tye saam met sy agterkleindogter, Minkie Pfahl. Foto: Verskaf

Die aardse uurglas het vir een van Krugersdorp se mees ervare amateurboksafrigters leeggeloop wat Vrydag op die ouderdom van 79 oorlede is.

Ouboet Gouws, soos hy in die dorp en in die plaaslike amateurbokskringe bekend gestaan het sal altyd onthou word vir sy passie en liefde vir dié sport.

Sy jongste dogter, Susan da Silva, het gesê sy sal haar pa die meeste hiervoor mis: “Hy was so ’n positiewe mense wat diep spore in almal met wie hy in aanraking gekom het se harte getrap. Hy was ’n baie geliefde mens en ek dink hy was ’n baie goeie afrigter, pa, oupa en oupagrootjie.”

Ouboet Gouws. Foto: Verskaf.
Ouboet Gouws. Foto: Verskaf.

Gouws is na ’n lang siekbed oorlede. Hy laat sy vrou Sue, 5 kinders, 12 kleinkinders en 9 agterkleinkinders agter.

Hy word komende Vrydag, 2 Februarie 2018 om 14:00 vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk in Rustenburgweg 111 te ruste gelê. Die Kerkdiens sal deur ds Quinton Shimper waargeneem word.

• Gouws was vir dekades lank ‘n afrigter en verbonde aan die Krugersdorp-Wes Amateurboksklub in Krugersdorp-Wes.

Comments

comments