[VIDEO] Steve Ashley wil rock vir so lank as wat God hom toelaat

0
707

[dropcap color=”red” font=”arial” fontsize=”50″]’n[/dropcap] Ingebore talent is iets wat mens nie sommer onder die mat invee nie.

“Wanneer die Here vir jou ’n talent gee dan moet jy dit ten volle benut. Dit is seker die rede waarom ek weer begin sing het; hy het vir my ’n talent in die vorm van my stem gegee het.”

Só het Steve Ashley, ’n solo-kunstenaar en voormalige hoofsanger van The Stacattos, nie net sy sangtalent beskryf het nie, maar hy het ook redes aangevoer oor waarom hy weer voltyds in die musiekbedryf is.

Tydens ’n koffie-onderhoud by die Mozambique Restaurant in die Key West Winkelsentrum het Steve, wat die laaste vier jaar weer voltyds in die musiekbedryf is en nog onlangs sy jongste album, I’m coming home, vrygestel het, gesê net die Here sal weet wanneer hy moet ophou.

[quote by=”Steve Ashley”]Wanneer die Here vir jou ’n talent gee dan moet jy dit ten volle benut. Dit is seker die rede waarom ek weer begin sing het; hy het vir my ’n talent in die vorm van my stem gegee het.”[/quote]

“Ek besef dat ek nie vir altyd sal kan sing en perform nie, maar terwyl ek nog kan en so lank as wat God toelaat dat ek nog my talent kan benut gaan ek nie ophou nie — ek gaan rock tot ek nie meer kan nie, of vir so lank as wat my gesondheid dit toelaat.”

Buiten die feit dat sang en musiek hom al sedert sy kindsbeen dae af volg, reken Steve dat sy sangtalent van sy pa se gene afkomstig is toe daar uitgevra is oor waar hy dink hy besef het dat hy kan sing.

“Ek kom uit ’n Christelike gesin omdat my pa baie Christelik en beginselvas was. Hy het elke Dinsdag in die kerkkoor gesing en dit is waar ek dink my talent vandaan kom.”

Hy het later by sy pa in die koor aangesluit.

Maar dit was nie net sy pa of die kerkgemeente wat gereken het dat hy kan sing nie. As ’n jong seun in die weermag het Steve soms ’n gelukskoot gehad, alles te danke aan hierdie stem.

“Die sersant daardie tyd het my die bynaam, Elvis, gegee. Wanneer die ander manne met ’n graaf besig was om te werk moes ek die sersant met my sang vermaak,” het hy gelag.

In die 1970’s is hy vir ’n wyle na Engeland, maar het in die laat 1970’s na Suid-Afrika teruggekeer en só het sy paaie ‘toevallig’ met dié van The Staccato’s gekruis.

“Ek het hier aan die Wes-Rand gejam toe ’n vriend van my sê ek moet oudisies doen omdat die hoofsanger gaan klaarmaak. Ek het die ander band-lede so beïndruk dat ek sommer permanent hierdie rol begin vul het.”

Sedertien, as ’n lid van dié bekende Rock & Roll-groep, het hy die land platgetoer en ook sy eie televisie-program in die 1980’s begin aanbied.

IMG_0836

Steve Ashley (regs) glimlag saam met sy bestuurder/agent Ebeth Loots (links)

Vir 15 jaar lank was The Staccato’s deel van sy lewe voordat hy besluit het om sy geliefde mikrofoon op te hang om tyd aan sy onderneming te bestee.

Alhoewel die semi-afgetrede lewe daarna vir hom goed was, het hy steeds na die mikrofoon gehunker waar hy so tussen-in steeds optredes toegestaan het.

Maar gelukkig kon hy nie vir te lank sy stem heeltemal stilhou nie en het in 2002 weer begin sing. Sy eerste optrede was by Carnival City in Brakpan aan die Oos-Rand as die beminde Tom Jones in die optrede getiteld, Sexbombs.

“Ek moes al jare lank hoor dat ek soos Tom Jones klink — en ek het dit gehaat, omdat ek nie sy musiekgenre gesing het nie, my musiekagtergrond was Rock & Roll.”

Ironies genoeg is dit juis hierdie optrede wat hom na 15-jaar later steeds volg na van die land se top casino’s.

Steve se vertoningkerfstok sluit in verskynings op die bekende musiekvasvra-televisiespeletjie, Noot vir Noot, casino’s soos Hemmingway, Silverstar, Boardwalk, Sun City, Carnival City en Wild Coast Sun.

Verder het hy ook die geleentheid gehad om sy stem te hoor weergalm in The Majestic-teater (Fordsburg) en The Bell-Air-teater (in Eersterust, Pretoria) in Jayson Jay King & The Great Pretenders.

Maar omdat hy glo dat sy talent ’n gawe is wat tot voordeel van die gemeenskap benut moet word, het hy self ’n paar liefdadigheidsgeleenthede waar hy graag sing.

“Musiekmaak is nie net ’n besigheid nie; soms moet ’n mens ook iets teruggee en dit is waarom ek drie vertonings vir liefdafigheid per jaar in my besige skedule inpas.”

“Dit gee my ook die geleentheid om myself weer te vind en op ’n herontdekking-selfreis te gaan.”

Vir enige navrae of besprekings kontak Ebeth via epos by steve@luvroc.co.za of by 083 592 7442. Besoek ook die webblad hier.

Comments

comments