[KYK] Ryno Liebenberg se Bybelse raad aan jong boksers: “wat jy saai sal jy maai”

0
409

Klein kindergesiggies het opgehelder toe hul held, Ryno Liebenberg (28), onlangs ‘n besoek by die Krugersdorp-Wes Boksklub in Moorcroftstraat afgelê het.

Ryno, wat ook as The Lion, bekendstaan het glad nie omgegee om tyd saam met dié jong amateur boksers te spandeer nie omdat sy bokserswortels in hierdie einste boksklub geplant is en hier gegroei het.

SIEN VIDEO ONDER

“Ek het dié bynaam destyds al gekry toe ek nog ‘n jong laaitie was met sulke lang blonde hare, ek het omtrent soos ‘n wilde leeu met maanhare gelyk,” het hy gelag soos hy handtekeninge op T-hempde en bokserhandskoene uitgedeel het.

Die boksers, wat graag daarvan droom om eendag in sy voetspore te volg het ook nader gestaan om saam met hom vir foto’s te poseer en het ook met bewondering na sy titels gekyk wat hy tydens die IBO All Africa en IBO Intercontinental ligswaartitels ingeoes het.

Aan jong boksers het hy in ‘n video-onderhoud aan DigitNews gesê dat hulle na Die Bybel moet luister indien hulle hoop om ook so suksesvol soos hy te wil wees.

“Die Bybe sê wat jy insit sal jy uitkry. Enigiets wat jy vir die sport gee sal jy terugkry. Boks maak wel vir jou deure oop, maar jy gaan hard moet werk om dit te kry — gaan uit en probeer, want die wêreld is jou speelplek.”

Ryno, wat al teen groot boksers soos die Gabriel Ramirez, Erik Skoglund en Denis Grachev kragte gemeet het, sien uit nog vele kragmetings in die bokskryt.

Kliek hier om nog foto’s van sy besoek te sien.

Comments

comments