Oud-Monumentaar dr Leon Wessels ontvang hoogste toekenning 🏆

0
190
Op die foto verskyn Esté Pienaar, vorige ontvanger saam met dr Leon Wessels. Foto: Verskaf.

Dit is ’n prestige toekenning wat elke vyf-jaar aan ’n oud-Monumentaar wat hom of haar op enige terrein onderskei het, oorhandig word.

En vanjaar is hierdie hoogste toekenning van Hoërskool Monument op ’n luisterryke wyse aan dr Leon Wessels, ’n akademikus, politikus, menseregtekundige en advokaat oorhandig.

Vorige ontvangers van hierdie toekenning is: Oud-President F.W. de Klerk, prof P.A. Pelser, prof Elize Botha, prof T.T. Cloete en Monnas onderwyser Esté Pienaar.

Comments

comments