MyDigitNews word tydelik vir eers opgeskort

0
83

KRUGERSDORP — Met gedrukte media wat jaar na jaar in dié moderne era die knie voor digitale publikasies en ander digitale eweknieë buig is dit eens dat hierdie staatmaker van nuus stadig maar seker aan die wegkwyn is.

(Lees meer daaroor hier: ABC Analysis Q3 2016: The biggest-circulating newspapers in SA)

Dieselfde geld egter vir aanlyn publikasies en dit is waarom die besluit onlangs geneem is om een van DigitNews (Endms) Bpk se publikasies, mydigitnews.co.za, vir eers tydelik op te skort.

(Kyk na hierdie video oor die pad waarheen joernalistiek sowel as die media na beweeg, sien jy enige ooreenkomste?)

Jacobus Myburgh, besturende direkteur en redakteur van hierdie publikasie som dit op soos volg: “die behoeftes van lesers het verander, maar so ook het die behoeftes van plaaslike ondernemings verander – sonder die ondersteuning van plaaslike ondernemings is dit nie ekonomies haalbaar om ‘n publikasie te bedryf waar nuusdekking reeds ‘n groot finansiële hap uit begrotings neem nie.”

Myburgh sien hierdie skuif as ‘n spel van skaak waar die koningin van die skaakbord gevee moet word om die koning van ‘n oorwinning deur die opponent te beskerm.

“Skaakspelers weet dus dat die koningin, bes moontlik, nie heeltemal van die skaakbord af verdwyn nie en later weer haar verskyning kan maak, mits een van die soldate daarin slaag om tot die laaste blokkie op die laaste ry waarin hy beweeg te vorder

“Dit is wat tans hier gebeur, aangesien mydigitnews.co.za vir eens moet plek maak vir een van DigitNews se nuwe produkte, localbizlocator.co.za,” het Myburgh gesê.

Hy het genoem die tydperk waarin die aanlyn publikasie mydigitnews.co.za behartig is, het dit aan hom nuwe insigte verskaf oor wat die wyer mark eerder in belangstel.

“As een van die top webblaaie in die land, waar dit eens een van die top 10 000 webblaaie binne etlike maande was het ons gesien dat die mark gereed is vir nuwe uitdagings,” het Myburgh voorts gesê.

Hy het gesê daar is talle aanlyn publikasies wat oor sake in die gemeenskap, en veral Krugersdorp (waar die publikasie se voetspoor tans is) verslag lewer, maar daar is min publikasies wat werklik die klem plaas op plaaslike ondernemings en die goeie nuus wat in die omgewing plaasvind nie.

“Hierdie goeie nuus word te dikwels oorskadu met slegte nuus, of soos ons dit in die joernalistiek ken, harde en misdaad nuus. Daar is nie genoeg fokus om plaaslike ondernemings blink te poets en die gemeenskap oor hulle in te lig nie.”

Myburgh het gesê tydens ‘n besoek aan ‘n plaaslike hotel en restuarant in Viljoenstraat, Krugersdorp, is hy meegedeel dat, ten spyte daarvan dat dié onderneming al jare lank in die dorp is en boonop langs een van die dorp se besigste strate is, is daar steeds jarelange inwoners wat nie van hul bestaan weet nie. Hierdie is onlangs bevestig toe Myburgh met ‘n plaaslike inwoner daaroor gesels het wat heel verbaas was oor hy self nog nooit van hierdie onderneming te hore gekom het nie.

“Dit is waarom daar besluit is om localbizlocator.co.za te stig wat plaaslike ondernemings die nodige blootstelling wil gee om hul ondernemings sowel as die ekonomiese voetspoor van hul dorpe te laat vermeerder,” het Myburgh gesê.

As ‘n voorsmakie van wat hierdie webblad verbruikers en besoekers gaan bied, is daar verskeie voorbeelde opgestel om te wys wat hierdie digitale produk anders as die res maak.

Loer gerus hier en ons hoop om jou daar te sien as besoeker en as kliënt.

Kyk na ‘n paar voorbeelde van wat dié besigheidsgids jou kan bied hier:

Krugersdorp Food Emporium

Krugersdorp Plumbing 24/7

Vir meer inligting bel Myburgh by 084 412 6644 of stuur ‘n epos na info@bizlocator.co.za.

Laat hoor gerus van jou in die kommentaargedeelte onder! Ons geniet dit steeds om terugvoering van ons lesers af te kry.

BELANGRIKE KENNISGEWING: Enige artikels wat nog nie vir mydigitnews.co.za voltooi is nie, sal in die volgende paar weke afgehandel word. Groot dinge is steeds oppad! — Jacobus Myburgh, DigitNews-redakteur.

Comments

comments