[KYK]: “Moord beskuldigdes dink dis ’n grap, ons nie!” sê familie van slagoffer

0
5122
Toon geen berou: Die beskuldigdes het in die hof geglimlag. Van links is Cecilia Steyn, Marinda Steyn, en haar kinders Le Roux en Marcel Steyn. Inlasfoto: Zak Valentine.

KRUGERSDORP — “Dié hofsaak het ons vandag baie geruk omdat die moord beskuldigdes in die hof glimlag en dink dit is ’n grap terwyl ons baie ernstig oor die saak voel.”

(SIEN ‘N VIDEO ONDER)

Só het Ferde de Witt, broer van die vermoorde eiendomsagent, Hanlé Lategan, vandag ontsteld gesê nadat die vyf oorblywende beskuldigdes gehoor het dat hulle hofsaak tot 5 Mei uitgestel word omdat dié saak na die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg verwys gaan word.

“Ons voel baie ernstig oor die saak en dat dit nie ’n grap is nie. Daar is lewens wat geneem is en dié mense moet boet vir hulle dade,” het hy voorts verduidelik.

LEES OOK: Eerste verdagte in Krugersdorp-moordsaak gevonnis

Marcel Steyn, Le Roux Steyn, Marinda Steyn, Cecilia Steyn en Zak Valentine het vandag voor ’n volgepakte hofsaal by die Krugersdorp Streekshof verskyn vir altesaam 23 aanklagtes wat, onder meer, verband hou met georganiseerde misdaad, bedrog, identiteitsbedrog, moord en in die besit wees van ongelisensieërde vuurwapens en ammunisie.

Hulle is verlede jaar in hegtenis geneem vir die moorde op die Noordheuwel-egpaar Peter en Joan Meyer, die Krugersdorp-karwag Jarrod Jackson, Randfontein-inwoner Glen McGregor, die verserkeringsmakelaars Anthony Scolefield en Kevin Mc Alpine en die eiendomsagent Hanlé Lategan.

Kyk net daardie oë! Broer-en-suster, Marcel (links) en Le Roux Steyn (regs).
Kyk net daardie oë! Broer-en-suster, Marcel (links) en Le Roux Steyn (regs).

Al vyf die beskuldigdes het tydens die hofuitspraak aangedui dat hulle van private regsverteenwoordigers gebruik sal maak met hul verhoor.

Marinda het ook aan die hof vertel dat sy ontneem is van besoekregte by die Johannesburgse Korrektiewe Dienste. Landdros Keith Paige het voorgestel dat sy hierdie probleem self met die Departement van Korrektiewe Dienste aanspreek.

De Witt het aan DigitNews gesê al is daar dae waar dit steeds moeilik met die familie gaan om die gebeure te verwerk is die familie sterker as tevore.

“Ons staan saam. Dit is soms nie lekker nie, maar ons is bly dat daar vordering in die saak gemaak word en dankbaar dat dinge nou besig is om te gebeur,” het hy gesê.

LEES OOK: #KMurders: The 13 charges against convicted murderer

“Ons sal weer as familie by die hof (in Johannesburg) teenwoordig wees, want ons sit met soveel vrae en soek eintlik net antwoorde — ons besef dat dit nie vir Hanlé gaan terugbring nie, maar dit gaan ons gemoed help.”

Hy het egter sy ontevredenheid uitgespreek oor die wyse waarop die beskuldigdes hulle in die hof gedra het en het ook verwys na die haarstyle van onder meer Marinda en Marcel.

“Ek het nie geweet daar word modeparades in die hof gehou nie! Vir my is dit die ergste om te sien dat die beskuldigdes geen berou of gevoel vir hulle dade voorgee nie, daar is geen menslikheid in hulle nie!”

Die gesig van 'n moordenaar: Marinda Steyn (voor) en Cecilia Steyn (agter) tydens hulle hofverskyning vanoggend.
Die gesig van ‘n moordenaar: Marinda Steyn (voor) en Cecilia Steyn (agter) tydens hulle hofverskyning vanoggend.

De Witt het ook die ondersoekbeampte, Kaptein Ben Booysen, vir sy harde werk in die saak geprys en gesê dat die werk baie deeglik uitgevoer word.

“Ons voel dat die saak vorentoe kan gaan en sien uit na die uitslag, want reg gaan geskied en triomfeer!”

Die vyf beskuldigdes sal in aanhouding bly.

Dit was ook die eerste keer wat Hanlé se man, André, in die hof was vandat sy vrou verlede jaar op 30 Mei vermoor is.

John Barnard, een van die beskuldiges, is verlede maand in die Johannesburgse Hooggeregshof in Palm Rigde op 13 aanklagtes gevonnis. Hy het aan Regter Ratha Mokgoatlheng in ’n pleitoorkeenkoms erken dat hy gehelp het om ses mense sedert November verlede jaar te vermoor.

 

Comments

comments