Mnr SA kom leë hande terug van Mnr Wêreld-kompetisie

0

Cnv-7mHWYAAbi24.jpg large

TOP 10: Die Top 10-deelnemers van die Mnr Wêreld-skoonheidskompetisie oomlikke nadat hulle aangewys is. Foto: Twitter | Mr World Official @MrWorldOfficial

[dropcap color=”red” font=”arial” fontsize=”50″]S[/dropcap]uid-Afrikaanse harte is gebreek nadat Armand du Plessis, Mnr Suid-Afrika, nie tot die Top 10 van die Mnr Wêreld 2016-skoonheidskompetisie deurgedring het nie.

Dié kompetisie se gala-aand het vanaand in Southport in die Verenigde Koninkryk plaasgevind, waar Mnr Indië, Rohit Khandelwal, met die kroon weggestap het.

[quote by=Armand du Plessis”]”Ek loop steeds weg as ‘n wenner omdat ek weet ek het my beste gegee en het my land met trots verteenwoordig.[/quote]

Maar als is nie verlore vir die Afrika-vasteland nie omdat Kevin Oduor Owiti van Kenia onder die Top 10 en Top 5 aangewys is.

Armand, wat van die Wes-Rand afkomstig is en sy skoolloopbaan by Hoërskool Monument voltooi het, het op sy Facebook-blad gesê hy is seker dat sy Skepper ander planne vir hom het.

13516526_10157109092515080_8886852834315212040_n
Foto: Facebook.

“Ek loop steeds weg as ‘n wenner omdat ek weet ek het my beste gegee en het my land met trots verteenwoordig.”

Die Mnr Wêreld-kompetisie, wat net elke twee jaar plaasvind, het die 46 deelnemers op verskeie vlakke oor ‘n tydperk van 12 dae met vyf verskillende uitdagings beproef wat nie nét gegaan het oor wie die mooiste is nie.

Dié uitdagings het deelnemers ook beproef op vlakke soos sport, talent en kreatiwiteit en die vermoë om tydens uiterste gevalle met moed uit te hou.

Die Top 10 wat aangekondig is om in die finaal is: Engeland, Poland, Skotland, Indië, China, El Salvador, Kenia, Brasilië, Puerto Rico en Mexico.

Uit hierdie tien is vyf finaliste uitgewys wat tot die finaal deurgedring het. Die vyf finaliste is: Mexiko, Indië, Kenia, Puerto Rico en Engeland.

Hierdie vyf moes toe eers die gasheer, Megan Bata, Mejuffrou Wêreld 2013 bekoor.

Mnr Puerto Rico, Fernando Soto en Mnr Mexiko, Aldo Ramírez het onderskeidellik met die tweede en derde plekke weggestap.

Mr India

EN DIE WENNER IS: Mnr Indië, Rohit Khandelwal (middel) is aangewys as Mnr Wêreld 2016. Saam met hom is , Fernando Soto (Mnr Puerto Rico) en Aldo Ramírez (Mnr Mexiko) wat met die tweede en derde plekke wegstap. Foto: Twitter | Mr World Official @MrWorldOfficial

Hier is van die Tweets wat gepubliseer is nadat die nuus bekend gemaak is dat Armand nie deurgedring het nie:

 

 

Comments

comments