Man wat Krugersdorpse vrou (83) met tuinskêr vermoor tot 50-jaar gevonnis

0
430
Foto: Ter Voorstelling.

Die man wat ‘n 83-jarige vrou van Nicolas Smit-rylaan in Monument se skedel vyf jaar gelede met ‘n tuinskêr vergruis het, se aanvaller is verlede Maandag tot 50-jaar tronkstraf opgelê.

Alfred Morane (26) het dié nuus gehoor tydens sy vonnisoplegging by die Palm Ridge Hooggeregshof in Alberton waar hy tereggestaan het op klagtes van moord, huisinbraak en -roof sowel as diefstal.

Sersant Tshepiso Mashale, Krugerdorp-woordvoerder, het gesê die man was die pensioentrekker se tuinjong.

“Hy het haar vasgebind en grusaam aangerand. Hy het gevlug met vuurwapens, selfone en ander waardevolle besittings.”

Adjudant-offisier Johannes Holder.
Adjudant-offisier Johannes Holder.

Besorg aan speurder slapelose nagte

Dit was ‘n moordsaak wat ‘n plaaslike polisieman slapelose nagte besorg het.

Adjudant-offisier Holder, ‘n speurder van die Krugersdorpse-speurafdeling, het dit sy missie gemaak om die vermoorde se aanvaller op te spoor aangesien hy net nie die gruwelike misdaad teen hierdie weerlose vrou kon vergeet nie.

Mashale het gesê Holder het daarin geslaag om die verdagte op te spoor – in die Johannesburge Gevangenis.

Hier het hy reeds sy vonnis vir ‘n ander misdaad onder ‘n ander naam begin uitdien.

“Holder het elke leidraad opgevolg om hom met die moord te verbind,” het Mashale gesê.

Morane is op 5 September amptelik met die aanval aangekla en het twee dae later op 7 September oor sy misdade gebieg.

Hy is verlede Maandag deur regter Motlhatseng gevonnis.

Brigadier Patrick Baloyi, Krugersdorp-stasiebevelvoerder het waardering vir Holder se uitmuntende werk en het gesê dat die verwydering van een moordenaar ‘n baie groot prestasie is.

Comments

comments