Man wat dood verbrand in ongeluk leef eintlik

0
16075

Dit is soos ‘n storielyn uit 7de Laan toe Neville Meintjies dood is, maar eintlik leef.

‘n Man van Westonaria wat veronderstel om dood te wees, het vandag in die Krugersdorp Landdroshof verskyn nadat hy Sondag-aand in hegtenis geneem is.

Zak Valentine, wat familie en vriende laat glo het hy is verlede jaar Desember in ‘n motorongeluk net buite Petrus Steyn in die Vrystaat oorlede toe hy in sy motor uitgebrand het, is eintlik springlewendig.

Volgens inligting wat DigitNews verkry het was die liggaam wat in die voertuig gevind is moontlik dié van ‘n boemelaar.

Vriende van die skynbaar oorledene het aan DigitNews gesê dit is met skok en afgryse dat hulle verneem dat hy nog leef en het gedink daar moes iewers fout wees.

Boodskappe op sy Facebook-blad het verlede jaar ingestroom nadat hy glo dood is.

Sy vrou Mikaela is, wat verneem word, reeds in 2012 oorlede toe sy in die egpaar se huis telkemalle met ‘n mes gesteek is.

Die Staat het vandag gevra dat Valentine vir nog ‘n week in aanhouding sal bly omdat hy van ‘n ander moordsaak wat in Krugersdorp plaasgevind het, verdink word.

Hy sal in aanhouding bly tot met sy volgende verskyning op 6 Julie.

 

Comments

comments