Man probeer glo lekkergoed aan kinders deur skoolheining aangee 🍬

Dit volg nadat 20 leerlinge van 'n skool in Johannesburg-Suid verlede week vergiftig is toe hulle lekkers van 'n vreemdeling aanvaar het.

0
105
Ter illustrasie. Foto: Pixabay.

Die flinke optrede van ‘n ouer het moontlik gekeer dat lekkers vanoggend oor die skoolheining aan laerskoolkinders oorhandig word.

Volgens inligting wat DigitNews bekom het, is die leerlinge van Laerskool Kenmare onmiddellik bymekaar geroep terwyl lede van die Sektor 8 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) die area vir enige verdagte persone deursoek het.

Henry Carson, voorsitter van Sektor 8, het gesê hul span patrolleerders het dadelik op die wenk gereageer, maar kon niks oplewer nie.

In ‘n verklaring wat deur Sektor 8 vrygestel is, word ouers gemaan om hul kinders in te lig oor die gevare van vreemdelinge wat lekkernye of enige ander items aanbied.


“Praat asseblief met jou kind/ers en maak dit duidelik dat om vreemde dinge van vreemdelinge te neem baie gevaarlik is. Ons kan soms vergeet om ons kinders hieroor in te lig,” het die verklaring gelui.”

“Ons wil nie onnodige paniek saai nie aangesien hierdie die eerste geval (waarvan ons bewus is) waar ‘n persoon lekkers aan kinders wil gee, tog moet hierdie voorval nie ligtelik opgeneem word nie.”

Laerskool Kenmare het leerlinge intussen gevra om enige lekkers wat hulle van iemand ontvang het of dalk van geëet het, dadelik aan te meld.

Dit volg nadat 20 leerlinge van ‘n skool in Johannesburg-Suid verlede week vergiftig is toe hulle lekkers van ‘n vreemdeling aanvaar het.

Comments

comments