“Mamma, jou heengaan is ‘n hap uit my siel uit”

0
8889

“Dit is seker een van die hartseerste en swaarste dinge wat ek vandag moet doen, om mamma te groet met die brief.”

Só het Jandré Lategan in sy afskeidsbrief aan sy ma, Hanle Lategan geskryf wie se roudiens vandag in die stampvol NG Kerk Roodekrans gehou is.

Hanle is verlede Dinsdag dood langs ‘n waterstroom in Randfontein gevind waar sy verwurg is.

Foto’s van Hanle in gelukkiger tye is in die begrafnisbrief sowel as in die kerk gesien.

“My hart is stukkend. Mamma is so vinnig van ons af weggevat, met geen waarskuwing of kans om totsiens te sê nie — tog weet ek in my hart dat mamma in ‘n beter plek is,” het Jandré voorts geskryf.

hanle

Hy het geskryf dat sy ma ‘n groot rol in haar drie kinders se lewe gespeel het asook ‘n verskil in haar twee kleinkinders se lewens gemaak het.

“Mamma was ‘n wonderlike ouma en het altyd tyd gemaak om saam met hul op die grond rond te kruip en saam hulle te speel.”

Jandré skryf verder dat sy hart bloei en dat hy al baie gehuil het oor sy ma se skielike heengaan.

“Die leemte wat mamma agterlaat is groot. ‘n Hap uit my siel en hart uit.”

Joané van Heerden, haar dogter, het in haar afskeidsbrief geskryf dat sy ook al die goeie herringeringe gaan mis en wens daar was meer tyd.

“Mamma was ons familie se gom en pappa se anker! Daar is nog so baie dinge wat ons met met mamma wou deel. Mamma se plek in my lewe is leeg! Rus sag, mamma verdien dit!”

Die diens is deur Jan Smit gelei. Hanle sal tydens ‘n privaat verassing veras word.

Verwante artikel:

Kevin, “jou vlammetjie sal altyd brand”

Kevin, ‘jou vlammetjie sal altyd brand’

Comments

comments