‘Lazarus’ maak sy tweede verskyning in Krugersdorpse hof

0

Met ‘n knipoog aan lede in die hof en ‘n skaam glimlag het Zak Valentine, die Wes-Rand se eie ‘Lazarus’ vanoggend sy tweede verskyning in die Krugersdorpse Landdroshof gemaak.

Valentine het familielede en vriende verlede Desember laat glo dat hy  in ‘n motorongeluk, net duskant Petrus Steyn in die Vrystaat gesterf het.

Hy het geklee in grys klere voor die landdros, Boity Thulo, verskyn waar die staatsaanklaer gevra het dat sy aansoek om borgtog uitgestel word aangesien hy nog nie ‘n regsverteenwoordiger het nie. Sy profiel is ook nog nie ten volle saamgestel nie.

LEES: Man wat dood verbrand in ongeluk leef eintlik

Valentine het aangedui dat hy van Legal Aid, ‘n organisasie wat regshulp teen minimale koste verskaf, gebruik wil maak.

Daar is ook gevra dat die saak na die Krugersdorp Streekshof verskuif word, maar dit sal beteken dat Valentine in aanhouding tot 18 Julie sal moet bly vir wanneer die streekshof weer vir die publiek oop is.

Thulo het dié aansoek toegestaan.

Moontlike familie en vriende van Valentine was ook in die hof teenwoordig, maar het aan DigitNews gesê dat hulle nie tans enige kommentaar het nie.

Familie het intussen die volgende in Engels op sy Facebook-blad geplaas met hierdie foto: “Zak ons is steeds lief vir jou as ons seun. God sal ‘n regverdige oordeel bring. En vir die res… sê eerder niks as jy niks weet nie.”

13512102_1412240412123552_7808285683871785317_n

Sy vrou, Mikaela, was in 2012 die slagoffer van ‘n reeks van verdagte okkulte-verwante moorde toe sy telkemalle met ‘n mes in haar huis aan die Wes-Rand gesteek is. Sy het voor haar dood ‘n opleidingskursus van die bediening, Overcomers Through Christ (OTC), bygewoon.

Pastoor Reg Bendixen (75) van Honeydew, Natacha Burger (31) van Centurion en haar 68-jarige buurvrou se kele is gesny. Beide vroue het ook kopwonde gehad.

Bendixen was glad nie betrokke by OTC, maar was wel die ‘geestelike mentor’ van die OTC se leier, Ria Grunewald.

Burger het betrokke geraak deur ‘n opleidingsesssie in 2010 by te woon. Burger se buurvrou het ook geen skakel tot die bediening gehad nie.

Valentine se saak sal na alle waarskynlikheid op 18 Julie voorkom.

 

 

 

Comments

comments