[KYK]: Kinders breek weg van stowwerige strate

0
581
dav

‘n Kans op nuwe geleenthede weg van die stowwerige strate van Honingklip en Muldersdrift waarvan soveel kleuters jare reeds aan gewoond is, is vir nou eers iets van die verlede.

Want sien, die mense by ExSight, ‘n nie-winsgewende-organisasie hier in Steynweg het verlede jaar die nood raakgesien om ‘n verskil op ‘n hele ander terrein te maak as dit waarvoor hulle hul deure meer as 10 jaar gelede oopgemaak het.

(SIEN VIDEO ONDER)

dav

Anschke Van der Watt, een van die stigters het aan DigitNews vertel dat haar hart onmiddellik aangeraak is toe sy die gemeenskap se kinders in die strate sien speel het.

“Teen die tyd dat dié kinders skool toe moes gaan was hulle reeds so agter as die res van hulle maatjies omdat hulle nie daardie aandag en opvoeding gekry het nie. Hulle ouers werk heeldag om kos op die tafel te bring.”

ExSight, wat in 2003 in Claremont, Newlands begin is om ‘n verskil in die gemeenskap daar te doen voordat dié organisasie ses jaar gelede na die huidige gehuurde perseel geskuif het en finansieel deur die .Gemeente Sonder Grense bedryf word, het voorheen eers daarop gefokus om volwassenes rekenaargeletterd te kry.

“Hier het ons gou agtergekom dat die nood baie anders is as dit wat ons in Claremont leer ken het en ons het daarom besluit om eerder op dit wat hierdie gemeenskap nodig het, te fokus,” het mede-stigter, Hennie van der Watt, verduidelik.

Hy het gesê dat ExSight vir hulle dus die geleentheid gee om op dié manier ‘n bediening te wees.

En so is die ExSight Kleuterskool vroeg verlede jaar gebore waar baba’s en kleuters tot 6 jaar oud versorg word.

Maar ongelukkig is die tekort aan fasiliteite en die kostes om ‘n groter verskil te maak op hierdie stadium net nie moontlik, het Hennie gesê omdat hulle reeds kinders moes weggewys het as gevolg van ‘n tekort aan spasie.

dav

“Ten spyte van ons tekorte het die Here nog altyd voorsienning gemaak en gaan ons steeds van krag-tot-krag.”

Verskeie vroue uit die gemeenskap het reeds uit die liefde van die saak as opvoeders by die kleuterskool aangesluit. Een só ‘n vrou is raakgesien en deur ‘n ander skool genader waar sy nou voltyds werk.

“Ons probeer ons opvoeders ook vir hulle tyd te vergoed en vra dat die ouers ‘n klein bydrae tot hul kinders se kleuterskoolfondse te maak, sodat hulle menswaardigheid onangetas bly — so voel hulle, hul dra self by tot hulle kinders se opvoeding.”

In die verte hoor ‘n mens die geblêr van ‘n skaap en die gekekkel van hoenders terwyl die kinders tussendeur eers ‘n liedjie saam met hul opvoeder, Winnie Ledwaba sing.

“Plaasdiere het ‘n kalmende effek op kinders en ons gebruik die diere as terapie,” het Hennie gesê.

sdr

“Hier word die kinders geleer dat alle lewe met sorg hanteer moet word — dat dié lewe sowel as die natuur gerespekteer moet word.

Om die pot aan die kook te hou word verskeie fondsinsamelings-inisiatiewe regdeur die jaar gehou waaronder ‘n winkel waar items soos tweede handse klere verkoop word.

Hieruit word mieliemeel, melkpoeier, maalvleis, hoender, voer vir die diere en die elektrisiteit betaal.

Vir meer inligting of om donasies in enige vorm te maak, kontak vir Hennie by 082 785 8844.

 

Comments

comments