[KYK]: Kry die strand-ervaring sommer hier by Silverstar 🏖

0
103
Een van die vuurdansers besig om haar danspassies uit te voer.

‘n Strand sonder die see, maar met al die pret (en meer) soos wat ‘n gewone strand langs die kus jou sou bied.

Silverstar het besluit om vir die tweede agtereenlopende jaar ‘n Strandfees na die Wes-Rand te bring vir dié van ons wat met Jan-Tuisbly-se-karretjie nie die voordeel gaan hê om ons voete vanjaar op die strand te kan sit nie.

Met gekleurde strandballe wat deur die lug geskop word, ‘n spel vlugbal, toutrek-kompetisies, hula hoepels, vuurblasers en -dansers, roomys en baie om te eet en te drink is dit ‘n geleentheid wat nie mis geloop behoort te word nie.

En die beste van alles? Hierdie ervaring is weereens gratis!

Só het Jacqui Mabuza, kommunikasiebestuurder by Silverstar, aan DigitNews bevestig.

“Jy moet net jouself bring! En jy hoef ook nie bekommerd te wees oor jou of jou kind se veiligheid nie.”

Die strand sal elke dag tot Donderdag (22 Desember) van 10:00 tot 22:00 besoek kan word.

Vir meer inligting besoek Silverstar se webblad hier.

Comments

comments