Kom dans die koue weg by The Moors Castle hierdie naweek: 8 – 9 Junie

0
The Moors Castle

MULDERSDRIFT — Die winter se koue kloue is besig om die land te laat bibber, maar dié naweek hoef nie onder ‘n kombers deurgebring te word nie.

Kom geniet eerder ‘n gesellige tyd langs die knetterende kaggelvuur by The Moors Castle terwyl die smaaklike geure van heerlike kos jou neus se reuksintuie van pure lekkerkry prikkel.

Op die spyskaart vanaand, 8 Junie, is daar varkstew met rys en ‘n glasie Old Brown-sjerrie om die lyf so bietjie warm te kry vir slegs R35 per bord.

Vir môre, 9 Junie, lyk die spyskaart weer anders. ‘n Beespotjie met rys of stampmielies wat tesame met ‘n glas bier geniet kan word vir slegs R55 per bord. Dit terwyl jy die rugbykragmeting tussen die Springbokke en die Engelse op ‘n televisieskerm kan geniet.

Die vermaak Saterdag vanaf 18:00 sluit in kareoke en ‘n dansvloer – vir diegene wat die litte wil losmaak.

Vir meer inligting en besprekings kontak Charles by ☎️ 071 176 6552.

Toegang is gratis.

Aanwysings na The Moors Castle te Larsensweg 638, Muldersdrift:

Comments

comments