#KMurders: Verrigtinge sal 11:00 geskied

0
sdr

‘n Verdagte (29) sal na alle verwagting vandag om ongeveer 11:00 in die Krugersdorp Streekshof verskyn in verband met die moorde op drie mense.

Anthony Scolefield, Kevin Mc Alpine en Hanle Lategan is verlede maand vermoor.

Sedert vanoggend vroeg het mense uit die gemeenskap bymekaargekom om hulle steun aan die families en vriende van die drie vermoordes te wys.

Eiendomsagentskappe soos Key West Property Group en Global Estates is ook by die hof.

dav
dav

Christiaan Myburgh van Global Estates het gesê hy is hier omdat hy wil sien wie die persoon is wat nie net Krugersdorp in vrees laat lewe het nie, maar ook eiendomsagente soos hyself bekommerd gemaak het om potensiële huiskopers na ure te sien.

Gert Jonker, voorsitter vir Krugersdorp se Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is ook by die hof en het gesê misdaad in die dorp moet in die kiem gesmoor word.

“Ons hoop en vertrou dat al die verdagtes in die moordsake aangekeer sal word en dat reg sal geskied.”

Hy het gesê hulle hoop om ook vandag met die Krugersdorp Polisie Stasiebevelvoerder te vergader om die plan vorentoe te bespreek aangaande Krugersdorp en om dit veiliger vir almal wat daarin werk en woon te maak.

“Die publiek moet onthou dat hulle die reg het om enigehofverrigtinge by te woon.”

Familielede van Scolefield en Mc Alpine is ook by die hof.

Hou DigitNews se Facebook-blad dop vir gereelde opvolgberigte en lewendige video.

Volg ons ook op Twitter, @DigitNewsZA of @Jacobus_Myburgh.

Comments

comments