Kevin, ‘jou vlammetjie sal altyd brand’

0
6040

[dropcap color=”red” font=”arial” fontsize=”50″]O[/dropcap]ngeveer 800 mense het Kevin Mc Alpine (29) vanoggend in die stampvol Suiderlig-Kerk in Krugersdorp-Wes gegroet.

Kevin, ‘n versekeringsmakelaar by In Shoor, is verlede Donderdag dood in die kattebak van sy silwer BMW voertuig gevind.

Die foto’s op die begrafnisbrief wys ‘n lewenlustige man met ‘n breë glimlag en verwys na Kevin as ‘n man wat lief was vir die lewe.

Kezia Mc Alpine, sy vrou, het in die begrafnisbrief geskryf dat sy haar steunpilaar gaan mis en nooit sy gesig sal vergeet toe die egpaar verlede jaar in Mei die knoop deurgehaak het nie.

9

“Ek sal ook nie vergeet toe ek al bewend met die swangerskapstoets in my hand gestaan het nie,” het sy geskryf oor die dag vyf maande terug toe die egpaar twee dae voor Kersfees besef het ‘n klein bondeltjie vreugde is oppad.

“Ek belowe ek sal ons seuntjie van jou goeie hart vertel en ook hoe lief jy ons gehad het. Met ‘n glimlag op my gesig sal ek seker maak dat hy ook eendag, nes sy pa, ‘n Stormer-ondersteuner sal wees.”

Sy ma, Juanette, het op haar beurt geskryf dat haar seun 30 jaar gelede aan haar geleen is. Hy sou op 11 Junie sy 30ste verjaardag gevier het.

12Sy het verder geskryf dat haar seun geliefd was onder almal met wie hy in aanraking gekom het en dat hy nooit vergeet sal word nie.

“Jy is ‘n kosbare bondeltjie liefde wat in ‘n oogwink ‘n man geword het. Vir my was jy maar altyd net Kev, my bondeltjie vreugde en trots; ‘n voorbeeld vir baie.”

“Jou vlammetjie sal altyd brand. Ons sal nie nou verstaan nie, maar ek weet dat God besluit het Hy het jou nou nodig en berusting sal kom maar weet net die verlange sal baie groot wees tot ons mekaar weer ontmoet.”

Sy pa, Chris, het gesê die heengaan van sy seun laat ‘n leemte in sy hart.

[quote]Daar is te veel wat ek nog wil doen, deel en gee vir jou, maar jy is nou by ons God. Ek glo, en weet dat jy veilig in Sy arms is, ek sal jou voetspore wat jy gelos het altyd onthou.”[/quote]

Kevin se sussie, Michelle het geskryf dat daar altyd ‘n band tussen hulle twee sal wees.

“Jou bloed loop steeds deur my are, ek sal jou nooit ophou by my voel nie. God se vlerke hou jou veilig en vou jou toe tot ons jou weer sien. Sit rustig en wag by Jesus se voete, ervaar God se liefde en rus sag. Ek sal jou nooit vergeet nie, en koester elke herinnering saam jou vir ewig.”

Hoërskool Monument se onder 14 B-span wat Kevin ook afgerig het, het ‘n erewag om sy graf by die Sterkfontein begraafplaas gevorm en die skool se kreet uit volle bors geskree.

Comments

comments