Jaarlikse GPF Kloof-staptog ‘n uitstappie vir die siel

0
570

 

KOS VIR DIE SIEL: Johan, Charlene en Jordan-Leigh Prins en hulle vierpotige vriend het die stapptog geniet.

Sowat 100 mense, oud en jonk, het Sektor 8 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se jaarlikse Kloof-staptog die afgelope Saterdag meegemaak.

Selfs Snuffels met sy nuuskierige neus kon die nuwe terrein verken.

Avontuurlustige stappers soos Salomé en Wikus Hattingh, wat met die kleinkinders Erin en Ethan Kruger gaan stap het, kon nie uitgesproke raak oor hoe opgewonde hulle is nie.

NATUURSKOON: Van die blomme wat die natuur met hulle kleur verfraai.
NATUURSKOON: Van die blomme wat die natuur met hulle kleur verfraai.

Ander het weer gesê dit is die eerste keer wat hulle die staptog mee maak en sal dit beslis weer doen.

Henry Carston, Sektor 8 GPF-voorsitter het gesê dié staptog is ‘n jaarlikse instelling waar hulle die inwoners bewus wil maak van die mooie natuur in hulle woonareas.

“Dit is ook om mense bewus te maak dat hulle dit wat hier is, die stukkie natuur, moet beskerm en oppas.”

Gebottelde water is as ‘n ‘prys’ vir elkeen wat die eerste helfte voltooi het gegee.

Vir nog foto’s kliek hier: Jaarlikse GPF Kloof-staptog bly ‘n wenresep

Was jy daar? Vertel vir ons van jou ervaring in die kommentaargedeelte onder.

[accordions]
[accordion title=][/accordions]

[one_half]

Vir soortgelyke nuus volg ons op sosiale media (kliek net op die onderstaande logo’s):

unnamed Facebook-Icon-2-1021x1024

Twitter         Facebook

[/one_half]

[one_half_last]

Of word deel van ons

Whatsapp en/of BBM diens:

whatsapp-logo-vector bbm-icon

0626099557 5EEF384F

[/one_half_last]

[accordions]
[accordion title=][/accordions]

Het jy enige nuus wat jy met ons wil deel? Stuur vir ons ‘n epos na: news@digitnews.co.za.

Comments

comments