Help sukkelende gesin na ongeluk wat meisie (7) beseer

0
AFGESKRYF: Die enigste voertuig van Egbert en Lindie Beyl, is erg in 'n ongeluk beskadig. Die egpaar se twee kinders, Ruben (5) en Monique (7) wat ook in die ongeluk was. Foto's: Verskaf.
AFGESKRYF: Die enigste voertuig van Egbert en Lindie Beyl, is erg in 'n ongeluk beskadig. Die egpaar se twee kinders, Ruben (5) en Monique (7) wat ook in die ongeluk was. Foto's: Verskaf.
AFGESKRYF: Die enigste voertuig van Egbert en Lindie Beyl, is erg in ‘n ongeluk beskadig. Die egpaar se twee kinders, Ruben (5) en Monique (7) wat ook in die ongeluk was. Foto’s: Verskaf.

WITPOORTJIE — “Hoekom moet dié mense, wat reeds met min moet klaarkom, nou nog soveel teëspoed ervaar?”

Dit is die retoriese vraag wat Marinda van den Berg, werkgewer van Lindie Beyl, wie se gesin meer as ‘n week gelede op Ontdekkersweg in Witpoortjie beseer is, vra.

Die gesin se enigste voertuig is afgeskryf toe Lindie se man, Egbert en hul twee kinders, Monique (7) en Ruben (5) na die Westgate Winkelsentrum, haar werksplek, onderweg was om haar te gaan afhaal. Die gesin woon in Randfontein.

“Lindie het net die oproep gekry dat daar ‘n vreeslike ongeluk was. Engele uit die gemeenskap het haar gaan optel en na die ongelukstoneel geneem,” het Marinda gesê.

Vyf voertuie is op 29 April omstreeks 18:45  in ‘n botsing met ‘n rooi Volkswagen Beetle betrokke toe die bestuurder van dié voertuig oor die eiland en voor aankomende verkeer, wat van Krugersdorp se rigting na Roodepoort onderweg was, beland het.

Daar het Lindie haar man met ‘n pleister teen die kop aangetref. Haar seun se wonde is skoongemaak, maar dit is haar dogter wat die ergste beserings opgedoen het.

Haar been is tussen haar heup en die knieg gebreuk,” het Marinda, wat ten tyde van die ongeluk in Durban was, vertel.

“Ek het nog nooit so hulpeloos gevoel nie.”

Marinda het gesê die gesin moet reeds kop bo water hou veral omdat haar werknemer se man tans werkloos is.

“Daar is net geld vir oorlewing. Daar is talle kere wat Lindie die oggend trein van Randfontein tot Roodepoort moet neem werk toe, maar snags het haar man haar kom haal omdat dit net veiliger was.”

Die egpaar se dogter, Monique, is eers verlede Donderdag, amper ‘n week na die ongeluk geopereer waar staalpenne in haar been gesit is.

“Dié kind gaan heel moontlik later die nagevolge van die ongeluk begin ervaar. Dit is so onregverdig dat onskuldige mense altyd die slagoffers van ander se nalatige besluite moet wees,” verduidelik Marinda.

Ek is seker die voertuig moes met ‘n helse spoed gery het, want hoe anders kon dit van ‘n dubbelpad, oor ‘n eiland, tot in ‘n ander dubbelpad beland het?”

Marinda het gesê ‘n projek is van stapel gestuur om geld vir die egpaar in te samel sodat ‘n nuwe voertuig vir die Beyl’s aangekoop kan word.

“Ons het hier ‘n gesin wat nie baie gou weer vir hulle ‘n motor sal kan koop nie. Ek wil ook nie vir hulle ‘n splinternuwe kar koop nie, net een wat hulle van punt A na punt B sal bring.”

Nog geen inligting kon van die skuldige party gekry word nie, omdat die bestuurder en passasier nog glo kritiek in die hospitaal is.

DigitNews het Marinda gehelp met ‘n adres vir die Volkswagen Beetle, maar die voertuig is glo verkoop waarvan die eienaar se besonderhede nog nie deur die nuwe eienaar vervang is nie.

DigitNews het met Krugersdorp-inwoner, Amanda van der Merwe, hande gevat om geld vir die gesin in te samel.

Bring jou voertuig eerskomende Saterdag na die Harlequins Rugbyklub geleë by Joubertstraat 5, waar dit teen R50 gewas sal word.

Bydraes in die vorm van karwas seep, waslappe en politoer sal waardeer word.

Vir meer inligting kontak Amanda op 082 598 825 of Jacobus Myburgh, DigitNews-redakteur op 084 412 6644 vir meer inligting.

Om finansieel tot die voertuig by te dra, kontak Marinda by 082 453 8845.

 

Comments

comments