Help jou gemeenskap – raak ontslae van dit wat tuis én elders pla!

0
Maak 'n verskil in jou gemeenskap. Van links is Madre Botha en Yolandi Pestana-Coetzee met van die items wat hulle reeds begin insamel het vir die projek. Foto: Verskaf.

KRUGERSDORP — Hier is jou kans om van daardie items waarvan jy al so lank al van droom om van ontslae te raak, maar nog net nie die daad by die woord gesit het nie.

Ja, huis skoonmaak is vir sommiges kinderspeletjies terwyl dit vir die res van ons weer ’n loopbaan na ure op sy eie is.

Hope for the Future, ’n nie-geregistreerde liefdadigheidsorganisasie daag dus die gemeenskap uit om vir 40 dae lank jou huis en ander leefruimtes weer vir jouself leefbaar te maak.

Hoe? Deur van alle onnodige items wat in elk geval net besig is om stof te vergader in ’n swart plastieksak of kartonhouer te plaas.

Die mees belangrikste, tog moeilikste taak is natuurlik om nie weer vir oulaas in daardie swartsak of kartonhouer te loer en vir jouself te sê: “maar miskien gaan ek dit ééndag nodig kry nie” — as jy dit in die swartsak of kartonhouer geplaas het is dit juis omdat jy dink dit hoort daar, so hou dit liefs liewer daar!

“Ons sit met ’n gemeenskap in nood en hierdie is ons manier om vir die gemeenskap te wys presies hoeveel minder bevoorregte gesinne daar buite is wat werklik hulp nodig het, maar nie die nodige hulp kry nie,” het Yolandi Pestana-Coetzee, stiger, gesê.

“Nádat die uurglas vir die 40 dae leeggeloop het dan neem jy dié items wat jy bymekaargemaak het aan ’n instansie van jou keuse.”

Yolandi vertel ook opgewonde dat daar wel ook ’n “twist” is: “Ons vra nie vir enige kontant of werk met kontant nie, maar wel net items wat geskenk kan word en vra dat die wat dié projek gaan ondersteun om ook sowat 10 onbederfbare items kos by hul ander items te plaas.”

Hierdie items kan dan aan Hope for the Future of enige ander instansie geskenk word.

Sy het gesê die projek het verlede jaar begin en was van dag een af ‘n wegholsukses!

“Ons gaan dit ’n jaarlikse instelling maak!”

Vir meer inligting kontak vir Yolandi by 071 530 4033 of haar regterhand Madre Botha by 078 676 9760.

Comments

comments