[MULTIMEDIA] DigitNews Harlequins maak skoonskip teen Khosa

0
700

Dit was ‘n oomblik van blydskap vir Harlequins Wes-Rand se ondersteuners en spelers toe al drie spanne sonder moeite met Khosa rugbyklub in ‘n onlangse Krugersdorp-derby klaargespeel het.

Tydens die eerste span wedstryd tussen DigitNews Harlequins en Khosa het Quins nie enige kanse gevat nie. Gedurende die eerste vyf minute van die eerste helfte het Quins nie net die skrum oorheers nie, maar ook besluit dat dit tyd geword het vir hul eerste drie — die skop pale toe was egter mis.

(SIEN ONDER VIR ‘N VIDEO EN MEER FOTO’S)

2016-05-28_17_04_00_4 (Medium)

Vir die meerderheid van die eerste helfte het Quins balbesit gehad en ook lag-lag oor die doellyn gegly toe daar teen halftyd reeds vyf drieë gedruk is wat die telbord met 31 teenoor 0 laat kreun het.

Met ‘n bietjie asem in die longe het Khosa daarin geslaag om hulle eerste drie te druk nadat Quins reeds hulle sesde drie agter die pale gedruk het.

Die besef dat tyd ‘n faktor is en met ‘n puntetelling van 38 teenoor 7 het die gemoedere begin hoog loop. Danie Nel, Quins se kaptein is met ‘n rooikaart van die veld gestuur vir ‘n vuis in sy opponent se gesig.

LEES OOK: VIDEO: DigitNews Harlequins 1stes klop UJ sonder skaamkry

2016-05-28_16_48_30_1 (Medium)Oomblikke voordat die eindfluitjie geblaas is het Khosa hulle laaste kragte saamgesnoer om een laaste druk onder die pale te druk.

Ten spyte daarvan dat Quins vir sowat 20 minute lank met 14 manne op die veld moes klaarkom, het die telbord se tellingspiere vir Quins 69 teenoor 14 gebult.

 

Die ander tellings vir die dag is:

• Onder 21: Quins 65 en Khosa 0;

• Tweede span: Quins 22 en Khosa 12

Vir meer foto’s kliek hier ==> (NOG FOTO’S)

Comments

comments