Eerste verdagte in Krugersdorp-moordsaak gevonnis

0
3725
John Barnard (links) het vanoggend in die hooggeregshof in Palm Ridge aan die Oos-Rand skuldig gepleit. In die middel is Kaptein Ben Booysens, ondersoekbeampte en sy regsverteenwoordiger Manorangeni Chetty. Foto: Jacobus Myburgh.

John Barnard (40), een van ses verdagtes in die Krugersdorp-moordsaak, het vanoggend in die hooggeregshof in Palm Ridge aan die Oos-Rand skuldig gepleit vir onder meer dié moord sowel as vir ander kriminele sake teen hom.

Regter Ratha Mokgoatlheng het in ‘n amper leë Hofsaal 13 vir Barnard tot 30-jaar tronkstraf opgelê, waaronder 10-jaar opgeskort is omdat sy pleidooi vrywilliglik is. Hy gaan ook nou teen die ander verdagtes getuig, maar indien hy enige inligting weerhou of verkeerdelik weergee sal hierdie voorreg teruggeneem word.

LEES OOK: #KMurders: The 13 charges against convicted murderer

Manorangeni Chetty, regsverteenwoordiger vir Barnard, het aan DigitNews gesê sy voel haar kliënt het die regte besluit gemaak.

Kaptein Ben Booysens, ondersoekbeampte met al die lêers in die saak teen John Barnard.
Kaptein Ben Booysens, ondersoekbeampte met al die lêers in die saak teen John Barnard.

Paul Schutte, staatsaanklaer, het tydens hofverrigtinge al 13 sake teen Barnard voorgelees.

Hierdie klagtes sluit in: vyf moordsake, roof met verswarende omstandighede (vyf aanklagte), bedrog, verydeling of belemmering van regsadministrasie, en die versuiming om plek van ‘n vuurwapen of ammunisie te meld.

Die vyf moordsake waarvan Barnard aangekla word, strek van November verlede jaar tot 30 Mei vanjaar.

Marinda Steyn, haar kinders Le Roux en Marcel, sowel as Zak Valentine en Cecilia Steyn is nog in aanhouding. Al vyf word ook aan, onder meer, moord en bedrog verdink.

DigitNews sal later ‘n volledige verslag oor vandag se hofverrigtinge plaas.

Comments

comments