Eerste Noordvaaltitel wink vir Monnas

0
168
Hierdie seuns is dalk Noorvaaltitelkampioene na vandag wanneer hulle teen Hoërskool Waterkloof te staan gaan kom. Foto: Verskaf.

As als vandag goed verloop kan Hoërskool Monument (Monnas) met hul eerste Noordvaaltitel in jare wegstap.

Twaalf seuns van Monnas se onder 15A-krieketspan het reeds talle kere vanjaar gewys dat hulle ‘n span is om mee rekening te hou.

Maar nou het dié seuns in hul skitterwit krieketklere nog meer rede om te glimlag nadat hulle verlede Saterdag kragte gemeet het teen Hoërskool Volkskool in die semi-finaal van die GM Noordvaalreeks.

Monnas het tydens hierdie wedstryd die geleentheid gekry om eerste te kolf en het beslis nie gras onder hulle voete laat groei nie toe hul 283/3 in 50 beurte aangeteken het en Volkskool uitgeknikker het met ‘n baie beskeie 137/10.

Vandag kan al dié harde werk beloon word indien Monnas vir Hoërskool Waterkloof, hul eweknie wat vanjaar die vierde posisie op die ranglys vir onder 15-spanne beklee, klop.

Sou Monnas hierdie kragmeting wen, sal dit die skool se eerste Noordvaaltitel in verskeie jare wees.

DigitNews wens hierdie seuns alles van die beste toe!

Comments

comments