VIDEO: DigitNews Harlequins 1stes klop UJ sonder skaamkry

0
1415
IMG_4732
GRYP HOM! Dit is wat die Univeristeit van Johannesburg se spelers seker gedink het toe hierdie speler van DigitNews Harlequins alles in die stryd werp om weg te kom. Foto: Jacobus Myburgh.

BURGERSHOOP — 51-0.

Dit is die getal wat ‘n rugbyspan kan inpalm met spanwerk, dissipline en ‘n motivering om te wen nadat nege drieë gedruk en drie skoppe pale toe, oor is.

Die DigitNews Harlequins 1ste span het die afgelope Saterdag kragte teen die 1ste span van die Universiteit van Johannesburg (UJ) gemeet.

Dit was die eerste wedstryd wat Quins kon wen na twee nederlae in die eerste twee wedstryde van die seisoen.

Van die staanspoor kon daar gesien word dat UJ se manne maar sukkel op die veld. Teen halftyd was die telling 21-0 in die Quins se guns.

Tydens die tweede helfte het Quins op hulle skitterende vertoning op die veld voortgebou en kon daarin slaag om te keer dat UJ enige punte in die sak kon kry.

IMG_4715
HIERDIE KANT TOE: Danie Nel (DigitNews Harlequins se kaptein) probeer die bal aan sy kant kry. Foto: Jacobus Myburgh.

‘n Verdere ses drieë is teen voltyd gedruk wat die puntebord met 51 teenoor 0 laat kreun het.

Danie Nel het na die wedstryd breëbors aan DigitNews gesê hy reken die suksesverhaal van dié wedstryd was moontlik die veranderinge wat aan die span aangebring is, sowel as ‘n nuwe spelplan wat uitgevoer is.

“Die manne was meer toegewyd en ons het as ‘n span saamgespeel.”

Ernie Enslin, 1ste span-afrigter het gesê sy senuwees het die eerste helfte nog geknaag.

“Ek dink nadat daar met die manne voor die tweede helfte gepraat is en veanderings wat gemaak is, het ‘n groot verskil gemaak.”

Hy het gesê hulle gaan hierdie spel probeer volhou en dat die toeskouers nie hulle oë gaan glo nie.

Die volgende wedstryd sal op 28 Mei by die Harelequins se tuisveld plaasvind waar hulle teen Khosa te staan sal kom.

Hierdie is die dag se puntemakers:

• Eugene Brewis (2 drieë);

• Paul Fouché (1 drie);

• Rudi Janse van Rensburg (2 drieë);

• Ernie Enslin (1 drie);

• Quinten Steyn (1 drie en 1 skop oor die pale);

• Duncan de Villiers (2 drieë);

• Kevin de Jager (2 skoppe oor die pale)

Harlequins se 2de span het UJ met 64 teenoor 0 geklop. Die Harlequins onder 21 span moes die knie voor UJ buig met ‘n nederlaag van 12 teenoor 48.

Kliek hier vir meer foto’s.

 

Comments

comments