Curro se netbalspelers is tops

0
633

Baie geluk aan die onder 10 en onder 12-netbalspanne van Curro Krugersdorp wat as poel B liga-wenners aangewys is.

Die onder 12-span het vir die tweede agtereenvolgende jaar as wenners uit die stryd  getree.  Die begeesterde spannetjie was weereens die liga-wenners van die B-poel en het die uitnodiging aanvaar om teen die wenners van die A- poel uit te speel.

Hulle afrigter, Sonja Kruger, sê sy is baie trots op haar span omdat hulle soveel vermag het in net twee seisoene en steeds na hoer hoogtes reik.  Dis beslis twee spanne om in die toekoms dop te hou.

Comments

comments