[VIDEO]: Burgershoop se bakkie met ‘vlerkies’ terug aarde toe gebring

0
344
Dié bakkie het verlede Woensdagoggend om ongeveer 02:00 bo-op die Potgieters se motorafdak beland.
Dié bakkie het verlede Woensdagoggend om ongeveer 02:00 bo-op die Potgieters se motorafdak beland.

BURGERSHOOP — Die beroemde vlieënde bakkie wat hier letterlik oornag bekendheid verwerf het is Maandagmiddag van die Potgieters se motorafdak verwyder.

Engela Potgieter (47) het aan DigitNews gesê Truckor Krugersdorp in Oatlands het Maandag tot hul redding gekom en die bakkie wat toe reeds vyf dae lank op hul motorafdak sy staanplek gekry het, gratis verwyder.

LEES OOK: “Vlieënde” bakkie se roem-uurglas op afdak loop leeg

Dié bakkie het verlede Woensdagoggend om ongeveer 02:00 bo-op hul motorafdak beland toe ‘n 23-jarige bestuurder, wat van die polisie probeer vlug het omdat hy ‘n rooi verkeerslig verontagsaam het, beheer verloor het.

“Ons is só dankbaar! Truckor het fantastiese werk gedoen en verhoed dat nog meer skade aangerig word,” het Engela verheug gesê.

Dié bakkie het verlede Woensdagoggend om ongeveer 02:00 bo-op die Potgieters se motorafdak beland.
Dié bakkie het verlede Woensdagoggend om ongeveer 02:00 bo-op hul motorafdak beland

“Dié mense het werklik uit hul pad gegaan en was baie professioneel in hul werk om die bakkie van ons motorafdak te verwyder.”

Sy het gesê nou kan sy en haar gesin weer vir ‘n slag asemhaal sonder om te wonder of die bakkie nie een of ander tyd regdeur die motorafdak gaan val nie.

Maar dié bakkie, wat moontlik afgeskryf is, gaan in hul erf bly totdat die eienaar meer duidelikheid kan gee oor wanneer en hoe hulle skade herstel gaan word.

“Die eienaar was reeds hier en het van sy besittings kom haal. Hy moet dus nou net reëling vir betaling maak,” het Engela gesê.

Haar man Coenie (48) reken die skade aan die motorafdak sowel as die muur waardeur die bestuurder van die bakkie deurgebreek het beloop sowat R25 000. ‘n Versekerings-assessor moet nog die skade kom bepaal.

Comments

comments