? Bejaarde moeders ‘wil skoffel en dans’ ?

0
DANKBAAR: 'n Bejaarde moeder van die Theodore Huis vir Bejaardes sê dankie vir die heerlike ontbyt.
DANKBAAR: ‘n Bejaarde moeder van die Theodore Huis vir Bejaardes sê dankie vir die heerlike ontbyt.

MONUMENT — “Onse voete jeuk! Ja, ons wil dans,” het bejaarde moeders van die Theodore Huis vir Bejaardes van hulle laat hoor toe hulle onlangs met boeremusiek vermaak is.

Buddy Marais, ‘n bekroonde trekklavierspeler van die Penkoppe Boereorkes het saam met kitaarspeler, Stephen van Niekerk, vermaak aan 14 moeders verskaf. Dit is tydens ‘n spesiale ontbyt wat deur gemeenskapslede vir hulle by die Papillon-koffiewinkel in Monument gehou is.

MUSIEKPLESIER: Buddy Marais en Stephen van Niekerk het die musiek verskaf.
MUSIEKPLESIER: Buddy Marais en Stephen van Niekerk het die musiek verskaf.

Francisca de Souza-Calvert, ‘n pastorale berader het gevoel dat Moedersdag ‘n baie spesiale dag op die kalender is en dat ‘n mens te gou van die bejaardes vergeet wat ‘n groot impak op die samelewing gemaak het.

In Februarie is haar hartsnare geroer toe sy, ook met die hulp van die gemeenskap, drie bejaarde sorgsentrums in die dorp besoek het om Valetynsdag geskenke en -kaartjies af te lewer.

VERRASSING! "Kyk net wat is in hierdie verrassingspakkies!"
VERRASSING! “Kyk net wat is in hierdie verrassingspakkies!”

Vir sowat twee maande lank het Francisca, Leana van Grundlingh, Magdel, Zelda van Niekerk en Richard Calvert hande saam gevat om van die dag ‘n sukses te maak.

‘n Emosionele Ria Basson, eienaar van die Theodore Huis vir Bejaardes in Rant-en-Dal, kon nie genoeg dankie sê vir die gebaar nie.

“Dankie vir al julle liefde en deernis vir ons oumas. Ons waardeer julle so baie!”

1462696183

Vir meer foto’s kliek hier: Gallery.

 

Comments

comments